Saturday, September 22, 2012

Vinniger as Arende





“Bakboord 35 grade ... stuurboord 25 grade ...”, roep luitenant Derrick Page die instruksies aan ons.
In die stuurkajuit sit kaptein le Roux, silwer vlerkies op sy linker bors, wat ons almal vandag veilig ons bestemming moet uitbring. Ons is bemanningslede van 35 Eskader, SA Lugmag. Ons is nie sissies nie, ons kan enigiets doen!
Elkeen hou ‘n klipbord vas waar ons die voorwerpe wat deur die luitenant vir ons uitwys word netjies nommer en klassifisseer. Die lokaliteit, hoek van Voortrekkerweg en Selbournestraat, Goodwood! Die onderwerpe geklasifisseer in terme van haar lengte, been vorm, rondings van voor en rondings van agter, blondheid of nie en natuurlik die gesiggie!
Ons is op pad huis toe in ons bus na ’n lang dag van oorlogvoering op die DF Malan lughawe, Kaapstad in ons reuse Shackleton bomwerpers. Ons is MANNE! Om hier te kom ‘n lang pad en laat ek jou bietjie vertel:
Dit is ses maande vroëer, die trein stop in Pretoria stasie, ou Brinkie klim bang-bang af. Die man in blou geklee kom beleefd nader, “Meneer, is u dalk ‘n lugmag dienspligtige?”
“Ja, meneer,“ antwoord Brinkie.
“Nou wat de fok staan jy nog hier? Ek is geen meneer nie, ek is ‘n korporaal! Kry jou donnerse gat in rat en kom in daai Bedford, en fokken gou ook!", skreeu hy.
Brinkie sleep sy bagasie agter hom aan en klim saam met nog dertig ander verwilderde 18 jariges in die Bedford. Drie maand van fisiese en emosionele hel volg. Dril en hardloop, polish ‘n spit, maar stukkie vir stukkie bou hulle selfvertoue. Brinkie is kort, klein en fiks en ideaal vir die volgende stap, die Lugmagkollege!
“Goeie môre here, sal u asseblief u sitplekke in neem?” Hulle glo hul ore nie!
Brinkie voltooi sy kursus en word uitgeplaas na 35 Eskader, DF Malan Lughawe.
"Brinkie speel jy skaak?” die eerste bevel en hy word in die navigators se span opgeneem. As ons vlieg mag jy mos nie darts gooi nie ...
Gou deel van die groep, dag en nag op diens, die basis word 'n naweek nag deur 'n bende aangeval, net drie om te verdedig, Brinkie skiet al twee magasyne leeg, die skerwe van die wattel boom spat in sy gesig toe hulle koeëls dit tref ...
Hulle lê snags op die witstreep as die Boeing 707 opstyg en speel chicken wie eerste weghardloop. Hulle vlieg na verre lande, “Brinkie, praat jy Portugees? Jy bleddie gou leer wat ons gaan nou twee weke in Luanda bly en jy het nie ‘n idee oor hoe die girls daar lyk nie!”
Hulle behoort almal aan die Ysterplaat NG Kerk se kerk jeug vereniging want Dinsdagaande is dit tyd om die girls op te chat.
Die koue oorlog word erger, hulle vlieg tot 20 ure op ‘n keer, die vier Rolls Royce Griffons grom gerustellend op die vlerke, een gaan dit seker nie maak nie, maar ons kan oor die weg kom twee, Brinkie sien die fregat, die rooi hamer en sekel waai in die Suidoos, die lugafweer kanonne volg hulle, hulle is bang, baie bang.
Die Kolonel is die baas en eintlik dierbaar, weet niemand mag van die Koreaanse oorlog praat nie, hy was vir twee jaar daar die kamp ... niemand mag van “my seuntjie praat nie” ...
Alles kom tot ‘n einde, en dis 40 days, “Brinkie kom fokkenwil gou hier,” beveel die kolonel, “en maak die donnerse deur agter jou toe ... ek hoor jy gaan weg?”
“Ja kolonel, my diensplig maak volgende maand klaar.”
“Nou wat gaan doen jy dan?”
“Ek gaan universiteit toe, kolonel.”
“Is jy fokken van jou verstand af? Is jy fokken mal?” skreeu hy, “Fok uit my kantoor uit!”
Die verskrikte Brinkie loop uit en verstaan nie wat gebeur nie.
”Brinkie, kom kuier gou hier man,” vra die kolonel die volgende môre , “Sit en teken net gou hier.”
Brinkie neem die pen en die papier, ”Lugman Brink, hiermee word u permanent aangestel en onmiddelik bevorder tot tweede luitenant, geteken RC Hiemstra, Luitenant Generaal, hoof van die SA Lugmag.
Hy dink lank ... maar sit die pen neer ... die kolonel sit met ‘n sakdoek in sy hand.
“Ou Brinkie, ek het geweet jy kan nie, ek het maar net gehoop jy dit dalk anders sou dink ..."
Hy is woordeloos, skaars neëntien, iemand glo in hom, iemand weet hy kan alles doen as hy moet. Hy staan op, sonder 'n woord, maak die deur oop.
"..en Brinkie ... dankie ..."

Tuesday, April 12, 2011


Avro Shackleton Mk III, Swartkop

Canberra, Waterkloof 

Bucanneer, Waterkloof 


RJ28, Emerald, Queensland, Australia

Yakolev 40, Almaty, Kazakhstan

Mig 17, Semipalantinsk, Kazakhstan

Boeing 737, Hanoi, Vietnam

Phantom F4, Hanoi, Vietnam


Mig 21, Hanoi, Vietnam

Wreck of a B52, Hanoi , Vietnam

Apollo 8, mission to the moon, command module

Titan II intercontinental rocket, Tucson, Arizona, USA

Pima Air Museum , Tucson Arizona

B17, Pima , Arizona


B29, Pima, Tucson

Lockheed SR71 Blackbird, Pima

F4 Phantom

B52

Davis graveyard. 9000 planes. Tucson Arizona

Concorde, JF Kennedy

Boeing 747 300, JF Kennedy, New York

Gemini II, 1st US manned space mission. John Glenn. Space 7 Aeronuatical, Washington, DC

Spirit of St Louis. 1st trans atalantic flight Charles Lindbergh

Apollo 11 Command Module. 1st moon landing by Buzz Aldrin, Neil Armstrong and Michael Collins

Enola Gay. B29. Dropped the nuclear bomb on Hiroshima killing 120 000